A year in Provence .....
Thu 26 Aug 2010, 08:43 10 Comment(s) Report Abuse.... I wonder why?
This photo was taken from our room balcony in the Hotel Clos de la Glycien in Roussillon. The view is to the south overlooking the Luberon of which Peter Mayle wrote in his books . Roussillon is well known for its ochre and the whole city is painted in wonderful shades of ochre.
Leave a comment on this post...
Topics:
Guess what?
Thu 19 Aug 2010, 18:46 11 Comment(s) Report AbuseOn Holiday...
see you all in a while........
Leave a comment on this post...
Topics:
Weekend theme
Fri 13 Aug 2010, 18:08 13 Comment(s) Report AbuseIt happens to us all at some time or another. You're minding your own business in the outdoors when you feel something warm land on your head, or you spot something white on your clothes. A bird has kindly relieved itself on you! Firstly, stay calm (don't panic). Flapping and flailing your arms will only cause the bird poo to dribble and splatter, further covering you and any companions you may have. If no one saw it happen, pretend it isn't there. Chances are that no one will comment for fear of looking stupid when you tell them it is a fashion accessory.
If people do notice then wipe it off. Do not use your hand, do not use a passer-by's hair. Use a handkerchief or a leaf. Do not put the handkerchief/leaf back in your pocket. You can also use anything with a rigid edge to scrape it off. This will only be a temporary measure, because it will leave the stain, but it will work on wet or dry poo. Act cool. Tell people it is good luck to get crapped on by a bird. Make them jealous. Find water and clean it up as best you can. In extreme circumstances go straight home and wash your clothes.
Bird poo is known as guano, and can sometimes carry diseases and fungi, although it's unlikely that you'll catch anything from a stray plop on the head. If you find yourself having to clean lots of it from surfaces, mist it with water and wear a face mask to avoid inhaling anything nasty. Watch out for flu-like symptoms.
It can destroy the paint on cars because it's very acidic. Try not to park under trees, and clean it off when you see it. It's particularly potent on sunny days and dark colours. Remember that birds swallow grit and small pebbles to aid digestion, so soak it in water and lift it off, rather than rubbing it off, to avoid scratching the paintwork.
As found on BBC home
Created: 21st January 2003
BE GRATEFUL THAT ELEPHANTS DON’T FLY
View from the SidE’s weekend theme
Leave a comment on this post...
Topics:
Somer
Tue 10 Aug 2010, 19:45 8 Comment(s) Report AbuseOns haal elke sekonde uit hierdie somer uit wat ons kan. Ons melk hom want ons weet nie wanneer die volgende mooi somer gaan kom nie. Al klaar is die weervoorspelling vir die volgende week bewolk, geen son en reën. Maar dan kry jy die wonderlikste dae tussen-in en jy is soos ’n kind wanneer dit Kersfees is.
Julle dink seker ons kla net die hele tyd, kom terug huistoe. Nog net ’n jaar en dan is ons by die huis en dan sal ons seker weer kla dit is te warm. Ons wens die winters is langer, ens! Ai die mensdom darem.
In alle geval, ons het saam met vriende op hulle boot gaan vaar verlede Sondag en was dit nou lekker gewees! Soveel so dat ek my kniekoppe deur bid om die lotto te wen sodat ons ook ’n boot kan koop! Julle, dit is darem lekker, soveel water, soveel pragtige tonele, jy kan net droom daarvan.
Vir die wat nog nie in Holland was nie, gaan ek julle lus maak vir ’n vakansie in Holland.
Leave a comment on this post...
Topics:
View from the SidE's weekend theme - False starts
Sat 7 Aug 2010, 10:14 11 Comment(s) Report Abuse
And the finish ................... BRAVO Eric!!
You can also watch the following link with ther Australian commentators Roy & HG. They are brilliant commentators!
http://www.youtube.com/watch?v=3zjCc_VyxM4
Leave a comment on this post...
Topics:
Toppunt van Diplomasie
Thu 29 Jul 2010, 19:05 8 Comment(s) Report Abuse
Leave a comment on this post...
Topics:
View from the SidE's weekend theme - Chocolate
Fri 23 Jul 2010, 19:03 13 Comment(s) Report Abuse"Life was like a box of chocolates" - Forrest Gump
but for me
Friends are like a box of chocolates
Leave a comment on this post...
Topics:
Einde van 'n droom
Mon 12 Jul 2010, 23:24 10 Comment(s) Report AbuseDit was 'n ongelooflike WK2010. Ek kan met trots skryf dat ek elke wedstryd gesien het. Is ek gek? Nee, dit was net so lekker om die pure plesier van die mense te aanskou. Dit was so aansteeklik gewees. Ek persoonlik dink die Vuvuzelas is 'n uitstekende idee want het julle 'n bakleiery gesien tussen die skare? Die kastige hooligans? Nee, want almal wat 'n Vuvuzela geblaas het, het skoon vergeet van agressie en was weer kinders van voor af.
Jy blaaaaaaaaaaaaaaaaas o==========< jou frustrasie uit.
Dit was so lekker om die vernuftigheid van die manne se voete dop te hou. Hulle dribble die bal sonder om na die bal te kyk en hulle voete is soos 'n ballerina sin. Fyn en vlytig. Heeltemal anders as die rugbyspelers! Dit was vir my ook interessant om hulle hande dop te hou. Party se hande het net los gehang asof hulle 'n verlammingsinspuiting gehad het, ander het weer sulke slap polsies gehad soos party atlete was die wind so na agter toe kap as hulle hardloop.
Ons het ons gunstelinge gehad en een van my gunstelinge was Diego Forlan. Pragtige man en hy het baie goed gespeel. Om as Man van die WK2010 gekies te word en nie eers in die finale 2 spanne te wees nie, sê nogal iets van hom. So ook het ons ons gunsteling spanne gehad.
Bafana-Bafana se eerste goal Laduuuuuuuuuuma o=========< was wonderlik. So goed gepas vir 'n openingswedstryd. Ons staan met ons voete in twee kontinente op die oomblik. Toe BaFana-Bafana en BaGana-BaGana uitval toe kon ons met alle oorgawe vir BaHolland-BaHolland skree. Dit was iets aanskouliks om die Hollanders se entoesiasme te sien en ervaar. Ons kan gerus leer om ook so sigbaar te wees en nie elke ou op sy eie kluit gaan sit en 'n vlaggie waai nie. Doen dit in massas!
Dit is ook vir my lekker om te lees dat Zuma vra dat die vlae nie gebêre moet word nie maar ook vir die TriNations rugby gebruik word. Dis uitstekend!
Met die dat ons vir Holland ondersteun het, het ons besluit ons doen dit met oorgawe en ai julle, dis nie lekker dat hulle verloor het nie. Die land het homself reggemaak vir 'n wen. Die eerste WK wen ooit. Met die skeidsregter, die seekat en die Spanjaarde wat die Hollanders ontsenu het was dit nie bedoel nie.
My pa het my geleer om 'n goeie verloorder te wees.
Baie geluk Spanje. SUG
Leave a comment on this post...
Topics:
View from the SidE's weekend theme...Zymurgy
Sat 10 Jul 2010, 11:58 6 Comment(s) Report Abuse
|
http://www.youtube.com/watch?v=_v9hh2JJXT8&feature=related
|
http://www.youtube.com/watch?v=OFMsZIknGTE&feature=related
|
Leave a comment on this post...
Topics:
Wat 'n aand!
Wed 7 Jul 2010, 20:20 13 Comment(s) Report AbuseHup Hup Holland!
Dit was een groot fees hier in Holland gisteraand. Dit was heerlik gewees en so word ons ook deel van die wonderlike WK2010. Ai man, ons kon ons borsten nie ver genoeg uitsteek om vir die mense te sê DIT IS ONS LAND waar die wonderlike storie afspeel nie. Ek dink hierdie WK het wondere vir die land verrig en almal wil nou net SA toe gaan om die vriendelikheid van die mense te gaan ervaar.
Ons het in ’n straat wat vol restaurante was en wat afgesluit is vir verkeer gaan sokker kyk. Ons was ’n groep van 8 en het goeie stoele met ’n wonderlike uitsig om sommer 3 tv stelle gehad. Die atmosfeer was absoluut wonderlik totdat daar ’n klomp jong meisies met die korste rokkies voor ons kom staan het net voor die afskop. Ek het ewe diplomaties vir hulle gevra om op ’n ander plek te gaan staan want hulle staan nou direk voor ons en ons het juis vroeg gegaan sodat ons ’n lekker plekkie het. Netjies. Van ons vriende het ook netjies gevra of hulle op ’n ander plek kan staan en die meisies het my net so aangekyk en hulle rug om ons gedraai. Dis toe net daar wat ek my in ’n ander demensie in vererg en my vuvuzela gryp en so hard op die ding blaas dat my longe voel of hulle gaan bars. Ewe verskrik kyk die klomp dollas om en dis net daar wat ek vir hulle sê as hulle nie gaan skuif nie gaan ek aanhoudend op my vuvuzela blaas totdat hulle my boodskap gekry het! My vriendin hak toe ook af en sê, “Ek gee julle 5 minute!”
|
|
Uiteinde van die saak, ons het ’n wonderlike uitsig gehad! Wel, AMPER…….
Na afloop van die wedstryd het ons na ’n klub gegaan en daar het ’n hele boel mans agter ons gestaan en toe hulle my vuvuzela op die tafel sien het hulle gevra of hulle kan probeer blaas. Ek het hom toe aangegee maar julle, hierdie groot manne kon net PPppfffffffffffffff uitkry. Ek het niks gesê nie en so het hy van die een na die ander gegaan maar net Pppfffffffffffffftoet. Hulle gee hom toe terug en ek vee hom toe nou mooi af en ek blaas. Julle maar ek blaas hom dat die dak lig! Daar word ek toe nou sommer die Koningin Vuvuzelablaser!!!! |
Soos julle kan sien, ’n heerlike aand met ’n wen vir Holland!
Leave a comment on this post...
Topics:
NL 2 Brazil 1
Fri 2 Jul 2010, 21:29 10 Comment(s) Report Abuse|
|
Geluk Holland! Wel gedaan! |
|
Leave a comment on this post...
Topics:
14h00 11 Junie 2010
Mon 14 Jun 2010, 21:39 8 Comment(s) Report AbuseWaar was op met die groot oomblik...?
14h00 op Vrydag, 11 Junie 2010?
......ek en PF het by vriende gaan kuier in Butzbach wat so 70km noord van Frankfurt is. Ons het alles baie goed beplan. Albei van ons het vir Vrydag verlof ingesit en al Donderdag na werk in die kar gespring met ons twee oornag tassies. Die plan was om tot in Maastricht te ry wat op die grens tussen Holland, Duitsland en Belgie is. Ons sou daar oornag sodat ons Vrydagoggend na ontbyt in die pad kan val sodat ons ruim tyd het om te ry tot by ons vriende en dan die opening saam met hulle te kan sien. Ons het tot die spieëloortreksels met die SA vlag om met trots te wys ons is Suid-Afrikaners.
Ons klim van die snelweg af en alles werk nog volgens plan totdat Poppiekreer probeer om die vlag aan die venster vas te maak toe ons op 'n gewone pad is. Wat gebeur, die wind ruk die bleddie vlag uit my hand uit. Ek skree vir PF ....STOP!! Die vlag is weg! PF trek met 'n spoed van die pad af, DOEF, in 'n sloot in wat hy nie gesien het nie! Ons is 5 minute van ons vriende se huis en 5 minute voor die opening gaan begin! Hy kan nog uitklim maar ek lê op my sy met die grasse wat my in my neusgaaie kielie.
Die volgende oomblik stop daar sommer twee Samaritane en die Polizei wat dink ons is gedrink!! Wie ry nou sommer oordag in 'n sloot in?! PF probeer met sy gebrekkige Duits vertel wat gebeur het maar die Duitsers verstaan hom niks. Hulle kan nie Engels praat nie en vra vir hom of hulle moontlik met my kan praat? Kan ek Duits praat. Hy het nog nooit sy kop so vinnig van kant-tot-kant geskud nie want hy weet al wat ek sal kan sê is "Auf wiedersehen" en "Guten Tag"!!
Ek moet nou ook byvoeg dit het baie gereen die vorige nag en dit was een groot moddernes! Na 'n groot verduidelik met handgebare en klanke het die Duitsers ons uit die sloot uit getrek en gestoot en ons is almal dik vriende uitmekaar!!!
Ons het net 'n gedeelte van die opening gesien.............
Leave a comment on this post...
Topics:
I-spy
Thu 3 Jun 2010, 22:00 20 Comment(s) Report AbuseMet die WK wat nou voorlê het ek nou besluit ek gaan so ’n bietjie op die Hollanders SPY en inligting deurstuur daar na julle toe.
My naam is Kreer, Poppiekreer.
Ek drink Frozen Margarita, not shaken and not stirred.
My eerste deurbraak met die Spying Game het gekom met die Hollanders wat baie opgetrek is met Suid-Afrika en veral oor Afrikaans, die taal.
Hier is so 'n paar Afrikaanse woorde wat vir hulle vreeslik snaaks is en wat hulle gepubliseer het:
Kaapstad's Top 10 Amusante Afrikaanse Woorden
1 - Amperbroekkie
Een string, wat dacht je dan?
2 - Snijdokter
Tenslotte is dat wat chirurgen het meeste doen
3 - Lugversorging
Airco.
4 - Brekfris
Ontbijt. Doe dan dus maar voor het tandenpoetsen.
5 - Sweetpak
Een joggingpak. Eigenlijk gewoon heel logisch.
6 - Windlawaai
Zo noem je dus een opschepper.
7 - Deurmekaarspul
Wacht maar tot het WK - dan weten ze hier pas echt wat chaos is.
8 - Dwelmiddels
Veel simpeler kun je drugs inderdaad niet omschrijven
9 - Sokker
Voetbal. Niet bepaald amusant, wel heel handig.
10 - Stortbakkie
Een douche. Heerlijk.
Hieronder nog meer woorden uit het Afrikaans:
Afdelingswinkel – warenhuis
Alleenloper – vrijgezel
Astrant – brutaal
Baba – baby
Beenaf – verliefd
Boerewors – typisch Zuid-Afrikaanse worst
Braai – barbecue
Duikweg – tunnel
Dwelmmiddels – drugs
Fees – festival
Taxi – huurmotor
Joggie – bediende
Kameelperd – giraffe
Makietie – feestje
Onvanpas – ongepast
Oupagrootjie – overgrootvader
Padda – kikker
Plaas – boerderij
Plaatjoggie – DJ
Reguit – rechtdoor
Rolprent – film
Saans – ’s avonds
Trek – verhuizen
Vertoonkamer – showroom
Vrijkamer – logeerkamer
Woonstelblok – flat
Leave a comment on this post...
Topics:
View from the sidE's weekend theme.....
Fri 28 May 2010, 19:19 16 Comment(s) Report AbuseLeave a comment on this post...
Topics:
'n Storie na aanleiding van Ghaap se Liefling
Sun 23 May 2010, 09:33 15 Comment(s) Report AbuseNa aanleiding van Ghaap se blog oor Toeka en Nou en dat hy Lieflng van Gé Korsten onthou as sy gunsteling liedjie het ek weer onthou van ’n blog, een van my eerstes was ek opgesit het.
Ek weet nie wie kan nog die film “Hoor my Lied” onthou nie? Dit is ‘n film wat in 1967 gemaak is. Ja, dit gaan nou die ouderdom weggee! Dit was ‘n film waarin “groot sterre” soos Gé Korsten, Helga van Wyk, Min Shaw en die nuweling, en ster van die film, Lindie Roux gespeel het. Lindie het vir daardie tyd ‘n wonderlike sangstem gehad en almal het daaroor gepraat. Sy was nou hierdie dogtertjie met die GROOT talent.
Ek en Lindie was in dieselfde laerskool gewees en dit is nou waar Poppiekreer weereens gewys het sy het nie ore nie!
Net vinnig, die verhaal van “Hoor my Lied” gaan oor die dogtertjie, Lindie, wat saam met haar pa, Gé Korsten in sy motor by Chapman’s Peak ry. Hulle het hierdie wonderlike pa/dogter oomblik en sing kinderliedjies terwyl hulle nou so ry. Dan kom die skurk van die verhaal wat gespeel word deur Martin Pols van die “Mark Condor” stripverhale in die prentjie. Hy kyk nou weer nie waar hy ry nie want hy is te besig om ogies te maak vir Helga van Wyk wat langs hom in die kar sit en poef, daar ry hy teen ou Gé vas. Volgende stort Gé en Lindie met die kar oor Chapman’s Peak.
Ag siestog, dan in die volgende toneel wys hulle waar Gé in die bed lê met twee wattetjies op sy oë. Ja inderdaad, hy het sy sig verloor in albei sy oë! Lindie weer lê in die hospitaalkamer verder af in die gang en haar bene is weer verlam! ‘n Regte tranetrekker nie waar nie?!
Lindie word toe intussen ontslaan uit die hospitaal en gaan huistoe. Terwyl sy nou in haar rolstoel sit en jammer voel vir haarself kyk sy deur ‘n foto album. Lindie was ‘n pronk atleet gewees en sy sit en kyk na foto’s hoe sy die lint elke keer breek tydens atletiek.
Elmo de Witt was die regisseur en dele van die film was by ons laerskool verfilm. Die toneel waar Lindie so sit en snik in die rolstoel oor waar sy die lint breek, speel nou ‘n groot rol. Dit is nou juis hier waar Poppiekreer in die prentjie kom. Oom Elmo het ‘n paar dogtertjies met Lindie se ouderdom uitgekies en hulle moes teen Lindie hardloop. Poppiekreer was een van dié gelukkige meisietjies gewees. Seker oor my lengte want ek het op daardie stadium kop-en-skouers bo my maatjies gestaan!
Ons het almal nuwe atletiek klere gekry en daar staan ons toe nou almal met sproetgesiggies en kaalvoete om oom Elmo terwyl hy verduidelik wat ons moet doen. Hy wil hê ons moet teen Lindie hardloop maar, sy moet die lint breek. Ons almal skud toe ons koppe of-en-af en sê dis reg Oom, ons sal so maak.
Op julle merke, gereed ……….
ek loer so onderlangs na Lindie en besluit, jy gaan my nie vandag wen nie!
Gaan!
Daar trek ons soos ‘n klomp windhonde uit hulle hokke met Poppiekreer heel voor! Ek hardloop my longe stukkend en sowaar, daar breek ek die lint! Onmiddellik skree Oom Elmo, “Cut”!
Hy roep my toe eenkant en verduidelik toe weer vir my,
“My meisie, jy kan nog vinnig hardloop, maar jy moet sorg dat Lindie wen hoor. Jy het dalk nie vir oom mooi verstaan nie”.
Ek skud toe my koppie en sê, “Dis reg oom”. Met hierdie goeie voornemens gaan staan ek toe weer by die wegspringblokke, of eerder wegspringstreep
Op julle merke, gereed ……….
Ek loer weer onderlangs na Lindie en besluit weer, jy gaan my nie vandag wen nie! Oom Elmo gaan sien watter goeie atleet ek is en dan gaan ek ook ‘n groot rol in die film kry!
Gaan!
Ek trek weer daar los soos ‘n vlakvark en hardloop weer my longe dat hulle bars en voilá, daar is die lint. Ek gooi my arms in die lug en daar wen ek weer!
“CUT, CUT!” skree oom Elmo! Weer word Poppiekreer eenkant toe geroep en word gevra:
“Meisietjie, wat is jou naam?”.
“Charmaine oom”.
“Charmaine, Oom weet jy wil vreeslik graag wen maar onthou, dit is Lindie se fliek. Sy speel die hoofrol. Onthou wat ek gesên het, jy kan lekker vinnig hardloop, maar jy moet sorg dat Lindie aan die einde die lint breek hoor”.
Weer word die koppie op-en-af geskud ……
Die einde van die storie is, Poppiekreer het nie ore nie en het weer die lint gebreek. Ek is toe geskors uit die spannetjie en net daar is my film loopbaan in sy peetjie in!
Leave a comment on this post...
Topics:
Uitstekende idee
Sat 22 May 2010, 17:43 11 Comment(s) Report Abuse
Foto: Livera
Almal praat WK 2010 en hier in Holland begin die koors nou hoog te loop.
Hierdie pragtige vrou is Yolanthe Cabau van Kasbergen en sy spog met 'n WK 2010 bikini wat sy bemark in haar kledinglyn, "Yolanthe’s Choice". Daar is ook 'n Suid-Afrikaanse bikini ontwerp en ek wonder nogal of iemand dit hier op die strand sal dra. Dit is suppose to be somer maar ons loop nog almal in wintersklere rond. So, jy sal dalk die bikini's sien maar dit sal onder 'n jas gedra word!
Ek voorsien natuurlik een groot probleem en dit is wanneer die meisies (indien dit somer gaan word) op die strand gaan le met daardie oranje bikinis hoop ek nie die manne gaan deurmekaar raak met al die balle op die strand nie.....
Leave a comment on this post...
Topics:
Gunsteling resep
Wed 19 May 2010, 17:34 6 Comment(s) Report AbuseOk, ek het nou net by die huis gekom en my maag skree behoorlik van die honger. Gou 'n paar toffies met sjokolade vulsels in elke kies prop net om die ergste honger pyne te stil. Sjoe, nou is ek soet tot agter my ore............maar dis lekker!
Nou moet ek konsentreer oor wat gaan ons eet vanaand. Ek het 'n stuk Salmon in die yskas so dit is maklik. Ons eet Salmon vanaand. Met pasta. Ek is nou een van daardie mense wat daarvan hou om mense te nooi vir ete en dan sal ek kook dat jy net aartappels sien spring in die pot. MAAAAAAAAAAAR, as ek die hele dag gewerk het en kom dan by die huis om te kook, ai-jai-jai, het julle dan al van lui gehoor? Ek soek dan iets wat so vinnig as moontlik gaar word en nog lekker is ook.
Hoe verlang ek na die dae wat ek by die huis gekom het en my ma se kos so lekker geruik het. En, dit was gaar! Ek kon net gaan aansit en eet. Ek besef nou ek het haar nooit genoeg dankie gese vir die lekker kos nie. Dammit!
In ieder geval, ek het toe op my gunsteling resep afgekom toe ek so sit en toffies eet. Dit kom uit Australian Women's Weekly uit. Maak dit gerus en laat weet wat julle daarvan dink. Gooi ook sommer self so 'n gunsteling resep of twee op die blog..
Voor Is daar nog?
Simmered quail (or chicken) with orange and herb sauce
Serving size: Serves 6
Cuisine type: Modern Australian
Cooking time: More than 1 hour
Course: Main
Recipe can be made 2 hours ahead. Storage: Covered, at room temperature. Freeze: Not suitable. Microwave: Not suitable.
INGREDIENTS
6 quail
½ teaspoon grated orange rind
250ml (1 cup) orange juice
1125ml (½ cup) water
1 small chicken stock cube, crumbled
125ml (½ cup) dry white wine
¼ teaspoon dried marjoram leaves
1 tablespoon chopped fresh parsley
125ml (½ cup) thickened cream
METHOD
Tie quail legs together with string. Combine rind, juice, water, stock cube, wine and herbs in pan. Bring to boil, add quail, simmer, covered, about 15 minutes or until quail are just tender. Remove quail, keep warm.
Simmer liquid in pan, uncovered, until reduced to about ½ cup. Add cream, stir until heated through. Pour sauce over quail just before serving
Leave a comment on this post...
Topics:
View from the SidE's
Fri 14 May 2010, 20:15 15 Comment(s) Report Abuse
Leave a comment on this post...
Topics:
Hopestar's challenge on talent
Sat 8 May 2010, 19:03 33 Comment(s) Report AbuseHopestar has a challenge on TALENT.
A couple of years ago my husband decided to go for some art lessons, he is the arty one in the family, and asked me whether I would like to join him. I thought okay, I will tag along and just observe and chat with the upcoming Van Gogh’s.
The teacher came to the table where I sat, promptly put a jug, apple and a bowl on the desk, gave me a piece of paper, a couple of different pencils and then she told me to draw a still life!
My goodness, I never painted anything and didn’t know where to start. She gave me a couple of instructions and off she went. Well I enjoyed it so much I stayed on.......
Leave a comment on this post...
Topics:
Van tannies wat diep in 'n ou se hart le....
Sat 8 May 2010, 11:51 8 Comment(s) Report AbuseMy ma het 2 susters en 5 broers gehad. Sy was die middelste van die susters en het die lieflings naam van Raaitjie gehad. Of as hulle haar geterg het, het haar sommer Meraai genoem. Dan het daardie wenkbroue van haar sommer so rooi geword van verergdheid! Sy was 'n baie mooi vrou en het 'n ongelooflike goeie hart en persoonlikheid gehad.
Sy was ontsettend lief vir haar familie en veral vir tannie Hannetjie, haar jongste suster. Dit is nou Mandolina se ma wat op die oomblik by haar kuier. Tannie Hannetjie bly in 'n pragtige plekkie met die naam van Despatch. Al my kinder herinneringe le daar vasgeval en ek het ontsettend lief geword vir die plekkie. Dit is 'n klein dorpie in die Oos Kaap. Ek kan so goed onthou wanneer ons in Desember daar gaan vakansie hou het en die twee bymekaar gekuier het, het hulle hulle self hees gepraat in die eerste uur wat hulle mekaar gesien het. Dit was dieselfde wanneer tannie Hannetjie by ons aan huis kom kuier het. Vroeg oggend, hier teen 5 uur het die twee al om die kombuis tafel gesit en stories vertel en gelag dat die trane loop.
Die twee sussies het ook dieselfde bou gehad en julle, was dit nou lekker om te sien hoe hulle klere uitgeruil het! Dit is 'n langbroek hier en 'n rok daar. Dit was ontsettend grappig gewees en die 'nuwe' klere word ook summier aangetrek en mee gespog!
Wat ek van Tannie Hannetjie kan onthou en wat ek so deur die jare ontsettend waardeer het was dat sy met my verjaarsdae altyd die mooiste kaartjies gepos het. Die kaartjie was nie die ding nie maar die woorde wat sy daarin geskryf het sit nou nog in my hart. Sy het my altyd so spesiaal laat voel. Dankie tannie!
Die ander ding wat julle moet weet van tannie Hannetjie, of soos my ma haar genoem het, ou Hanna, sy kan die lekkerste vetkoeke en vis bak. Julle, ek het my altyd in 'n stilstuipe in geeet wanneer ek daar was. As daar nou ooit 'n Vetkoek Koninging gekies moet word, dan is dit tannie Hannetjie!
Ek sit nou hier in Den Haag en die verlange is groot........
Leave a comment on this post...
Topics:
User Profile
Poppiekreer
| Gender: | Female |
|
Send Message |
| City: | Not Selected | ![]() |
Add to friends |
| Country: | Netherlands | ![]() |
Block user |
Stats
Afrigator Rank
| Views: | 37433 |
| Comment(s): | 5609 |
| Rating: |
| Get in-depth stats on your blog and see where you rank on 24.com and in the whole of SA. Click here to activate. |
Subscribe to this blog
Subscribe to email updates from this blog
|
|
Subscribe to RSS updates from this blog |
Invite
You have 11 subscriber(s)
Badges
Blog Roll
- A year in Provence...2010/08/26 08:43:24 AM
- Guess what?2010/08/19 06:46:59 PM
- Weekend theme2010/08/13 06:08:02 PM
- Somer2010/08/10 07:45:11 PM
- View from the SidE...2010/08/07 10:14:00 AM


