Boeredag terugvoer

Tue 17 Aug 2010, 23:53        2 Comment(s)     Report Abuse

Maandag oggend 9 Augustus het so stil-stil aangebreek, maar in baie van ons het daar ‘n opgewondenheid geborrel.  Vandag is Boeredag!
Na die skriflesing en gebed het daar lieflike lofsange opgeklink, en ons het sommer dadelik geweet ons is presies waar ons hoort!  
Mense het van oral gekom, en selfs ook lang afstande afgele om die dag by te woon.  Dit was wonderlik om te sien hoe almal met sakke en bokse klere, kos en selfs toiletpapier daar opdaag.  Elkeen het gebring wat hy kon, of geskenk wat hy kon.



Die Boeresport was heerlik, en groot en klein het deel uitgemaak van die pret.  Die boerevolk het lanklaas so lekker gespeel .



Dit was ‘n unieke geleentheid waar mense mekaar weer kon leer ken, en weer hande kon vat, al was dit so tussen rou eier en meel deur .



Die jong manne het gedink hulle is sterk, en het die ou manne uitgedaag met die toutrek.  



Al was die jong manne baie meer, het die ou manne tog maar gewys dat die krag nog by die wysheid lê!



Die Boeremusiek was iets besonders en dit is iets wat ons min sien.  Mens se voete het sommer gejeuk toe hulle daar wegtrek met die instumente en die konsertina.  Die atmosfeer en gees wat daar geheers het was uit die boonste rakke.  Ons het weereens besef dat ons baie meer aandag aan hierdie deel van ons kultuur sal moet skenk.







Die besluit om dit by ‘n arm blanke gemeenskap te hou, het dalk vreemd geklink, maar dit was nodig om te sien hoe die mense leef.  





Hulle is deel van ons volk.  Hulle het baie moeite gedoen om die terein baie netjies te maak, en hul organisasie rondom die braaiers, gedekte tafels, en kos was uitstekend.



Hierdie dag was gehou om die mense weer naasteliefde te laat ervaar, net boer-wees, sonder enige verdere kompilkasies en politiek.  Ons het baie versoeke ontvang om meer gereeld so dag aan te bied, en dit is iets wat ons defenitief sal doen.



Leave a comment on this post...

Topics: 


Suidlanders verklaring

Wed 16 Dec 2009, 11:25        0 Comment(s)     Report Abuse

December 13th, 2009

Vêr Regse groep naby Ceres gearresteer.

Volgens ‘n berig in die Rapport is daar ‘n vêr regse groep gearresteer naby Ceres op ‘n plaas. Daar is ook onwettige wapens tydens die arrestasies deur die polisie op die plaas gevind. Die Rapport maak in die artikel die bewering dat die groep bekend as Jesserun Broederskap NOUE BANDE het met die Suidlanders. Verder word daar ook beweer dat daar ‘n vergadering tussen die Suidlanders en dié beweging geskeduleer was. HIERDIE BEWERINGS IS TOTAAL VAN ALLE WAARHEID ONTNEEM. DIE SUIDLANDERS DISTANSIEËR ONS DUIDELIK TEEN ENIGE ONWETTIGE OPTREDE.

ONS WENS OOK TE VERWYS DAT SLEGS GUSTAV MÜLLER EN JOHANN LE ROUX AS LEIER EN ONDERLEIER VAN DIE SUIDLANDERS DIE MAGTIGING HET OM NAMENS DIE SUIDLANDERS TE SKAKKEL MET ANDER GROEPE EN DAT NIE EEN VAN HULLE ENIGE KONTAK HET MET LEDE VAN DIE JESSERUN BEWEGING NIE. VERDER MEER IS GUSTAV HUIDIGLIK OP SY TOER IN DIE TRANSVAAL EN DAT HY DUS NIE ENIGSINS SOOS BEWEER WORD IN CERES ‘N VERGADERING SOU BYWOON MET DIE GROEP NIE.

ONS EIS DAT RAPPORT AAN DIE NASIONALE BESTUUR VAN DIE SUIDLANDERS ‘N VERSKONING SAL AANBIED EN ‘N REGSTELLING IN DIE KOERANT SAL PUBLISEER. HIERDIE IS ‘N BAIE NALATIGE BEWERING WAT ONSKULDIGE MENSE BETREK BY ONWETTIGHEDE. HIERDIE IS DUS WEEREENS ‘N BEWYS VAN OBSOLUTE NALATIGE JOERNALISTE WAT NIE HULSELF VERGEWIS VAN FEITE ALVORENS ‘N BERIG GEPLAAS WORD NIE. DIE SUIDLANDERS SAL REGSADVIES MET BETREKKING TOT DIE BERIG INWIN EN DIENOOREENKOMSTIG OPTREE.

DIE SUIDLANDER DEKLERASIE EN DUS ONS RIGLYNE LEES AS VOLG:

SUIDLANDERS DEKLARASIE

  • Die Suidlanders verklaar dat hulle vir die volgende staan:
  • Ons beywer onsself vir die bevordering van die veiligheid van Suid-Afrikaanse burgers, met primêre fokus op die blanke bevolking, onderworpe aan die landswette.
  • Ons glo in die God van Abraham, Isak en Jakob, die God wat die Voortrekkers by Bloedrivier gered het, en onderwerp onsself geheel aan Sy gesag.
  • Ons erken die Bybel as die ware geskrewe Woord van God.
  • Ons verwerp Kommunisme en Sosialisme as ‘n politieke en Godsdienstige ideologieë. Ons ondersteun persoonlike vryheid en ‘n vrye mark stelsel.
  • Ons verwerp revolusie as middel om politieke doelstellings te bereik.
  • Ons verwerp lidmaatskap van geheime organisasies.
  • Ons beywer onsself om persoonlike gereedheid te bevorder ten einde onverwagse noodsituasies (van enige aard) die hoof te bied.

Leave a comment on this post...

Topics: 


Tools

Help!

User Profile

S.M.

Gender: Male Send Message Send Message
City: Pretoria Add to Friends Add to friends
Country: South Africa Block Block user

Stats

Afrigator Rank

Views: 2687
Comment(s): 18
Rating:
Get in-depth stats on your blog and see where you rank on 24.com and in the whole of SA. Click here to activate.

Subscribe to this blog

Subscribe to email updates from this blog

Subscribe to RSS updates from this blog

Invite

You have 0 subscriber(s)

Badges

Recently Updated Blogs

Virtual Par... Ennui genie01 genie01 spenelo Spenelo

Archive

janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec
janfebmaraprmayjun
julaugsepoctnovdec